Bartons

Bartons is ‘n hoogs gerespekteerde maatskappy van prokureurs, met ‘n mengsel van internasionale en plaaslike regslui wat gehalte diens lewer, beide plaaslik en internasionaal. Bartons bestaan ​​uit vyf kantore geleë in verskillende dele van Suid-Wes Engeland. Ons het sterk bande met plaaslike besighede-, landbou-en individuele kliënte, maar ons tree ook op namens beide nasionale en internasionale kliente en onderneem dikwels werk namens individue en maatskappye geleë te Londen, Hong Kong tot en met Suid-Afrika.

Ons het ‘n gedugte reputasie vir vinnig en doeltreffende hantering van sake en die verskaffing van koste-effektiewe  en buigsame oplossings vir ons kliënte se behoeftes en probleme. Ons diens is persoonlik; en alhoewel werk ons as ‘n span, sal ons kliënte altyd  onderhandel met een spesifieke prokureur in verband met hul saak. Ons residensiële eiendom departement hanteer beide die koop en verkoop van hoë waarde eiendomme in Londen, en plaaslik gebaseer eiendomme.

Bartons het aansienlike ondervinding in beide kommersiële en residensiële eiendomme, en verteenwoordig beide Britse en internasionale kliënte. Ons kliënt portefeulje sluit individue, klein besighede, maatskappye en korporatiewe belange, ontwikkelaars en institusionele beleggers. Bartons is een van die eerste prokureurs firmas in die Suid Wes van Engeland-om geakkrediteer te word onder die “Prokureursorde se Aktes Kwaliteit Skema” vir die verskaffing van uitstekende diens in die huis koop proses.
Sowel as om te verseker dat die koop en verkoop proses glad verloop, ons span bied ook spesialis advies aan in verband met “koop om te verhuur” eiendomme, skure, nuwe ontwikkelings en verbande – insluitend die vrystelling van aandele deur ‘n ‘leeftyd verband.

Ons spesialis ondervinding strek tot by die hotel en ontspanning bedryf, insluitend die lisensiëring en herontwikkeling van ‘n perseel. Ons prokureurs tree ook op namens “SIPPS” in verband met die aankoop van kommersiële eiendom en grond, en ons het ook aansienlike ervaring in alle sake met betrekking tot landbou-eiendom

Kontak ons eiendomspan